Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Arthur Phillip

Arthur Phillip
Arthur Phillip
Portret van Arthur Phillip in 1786 deur Francis Wheatley (Nasionale Portretgalery, Londen)

1ste Goewerneur van Nieu-Suid-Wallis
Ampstermyn
7 Februarie 1788 – 10 Desember 1792
Voorafgegaan deur Amp geskep
Opgevolg deur John Hunter

Persoonlike besonderhede
Gebore 11 Oktober 1738
Londen, Engeland
Sterf 31 Augustus 1814
Bath, Engeland

Militêre Diens
Lojaliteit Koninkryk van Groot-Brittanje
Diens/Tak Britse Vloot
Rang Admiraal
Oorloë/Veldslae Sewejarige Oorlog (1756–1763)
Spaanse–Portugese Oorlog (1776–1777)
Amerikaanse Rewolusionêre Oorlog

Kaptein (later admiraal) Arthur Phillip (11 Oktober 173831 Augustus 1814) was die eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet.[1]

Camp Cove, 3 km oos van Port Jackson, waar Phillip geland het toe hy na 'n nedersettingsgebied gesoek het.

Na sy wedervaringe ter see, insluitende die bevel oor 'n skip wat deur gevangenes in 'n storm gered is, word Phillip as die goewerneur van die voorgestelde Britse strafkolonie van Nieu-Suid-Wallis aangewys. Hy vertrek met die Eerste Vloot van Engeland na Australië en kies in Februarie 1788 Port Jackson (tans Sydney-hawe) as sy basis.

Hy het besef dat Nieu-Suid-Wallis vinnig 'n siviele administrasie en 'n stelsel vir die bevryding van gevangenes sou benodig. Ongeag, is sy voorstel om vakmanne saam te neem afgekeur. Hy het enorme probleme met arbeid, dissipline en voorraad in die gesig gestaar. Sy vriendelike houding teenoor die inboorlinge is ook deeglik beproef nadat hulle sy jagter vermoor het.

Die koms van die Tweede en Derde Vloot het hernuwe druk op skaars plaaslike hulpbronne geplaas. Teen Desember 1792, toe hy huiswaarts keer, was die kolonie reeds op dreef met amptelike land-toekennings, sistematiese boerdery en water-toevoer.

Phillip het in 1805 afgetree, maar het voortgegaan om met sy vriende in Nieu-Suid-Wallis te korrespondeer en die kolonie se belange te bevorder.

  1. Morison, Samuel Eliot (22 Mei 1944). "The Gilberts & Marshalls: A distinguished historian recalls the past of two recently captured pacific groups". Life magazine. Besoek op 14 Oktober 2009.

Previous Page Next Page