Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Asbes

Asbes is 'n delfbare mineraal wat in verskeie vorms voorkom. Die mineraal is draderig en onbrandbaar. In Suid-Afrika kom asbes voor as krosidoliet of blouasbes, chrisotiel of wit asbes, serpentynasbes, amosiet of bruinasbes, en tremoliet. Asbes word verwerk om onder andere gegolfde dakplate, geute en afvoerpype te maak, asook voorskote vir fabriekswerkers en remskoene. Asbes is 'n karsinogeen, 'n kankerwekkende stof. Asbes staan ook bekend as garingklip.

Persone wat langdurig blootgestel word aan asbesstof ontwikkel later asbestose, 'n kanker van die longe.

Een van die bekendste asbesmyne in Suider-Afrika is die Havelockmyn met sy kabelspoor te Bulembu in Eswatini. Die myn is tans gesluit.


Previous Page Next Page






أسبست Arabic اسبستس ARZ Asbesto AST Asbestos BCL Азбест BE Азбест Bulgarian অ্যাসবেসটস Bengali/Bangla Amiant BR Asbest Catalan Azbest Czech

Responsive image

Responsive image