Basterhartbees | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Subfamilie: | |
Genus: | |
Spesie: | D. lunatus
|
Binomiale naam | |
Damaliscus lunatus (Burchell, 1823)
|
Die basterhartbees (Damaliscus lunatus) is 'n wildsbok wat in die savannes en vloedvlaktes van Suider-Afrika aangetref word. Hy staan ook bekend as die Tsessebe.
Volwasse basterhartbeeste het 'n gemiddelde massa van 160 kg en hoogte van 120 cm. Die bulle het horings wat tot 48 cm lank kan word. Hulle maak veral op hul ratsheid en spoed staat om roofdiere te ontsnap. Hierdie bokke is egter so nuuskierig dat hulle soms na enkele meters weer gaan staan om te kyk wat hulle jaag. So word hulle dan gereeld gevang. Basterhartbeeste kom in Noord-Botswana, Oos-Angola, Namibië, Zambië, Zimbabwe en dele van Suid-Afrika voor.
Die koei is vir 8-9 maande dragtig en 'n enkele kalfie word daarna in September of Oktober gebore. Hierdie wildsbokke het 'n moontlike lewensduur van 20 jaar.