Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Bell X-1

X-1 #46-062 Glamorous Glennis

Die Bell X-1 (Bell Model 44) is 'n vuurpylaangedrewe vliegtuig, aanvanklik eers XS-1 genoem, en was 'n gesamentlike projek onderneem deur die National Advisory Committee for Aeronautics, United States Army Air Forces en die latere Amerikaanse Lugmag. Die vliegtuig is vervaardig deur Bell Aircraft. Die konsep het reeds in 1944 ontstaan en die ontwerp is in 1945 voltooi en die vliegtuig ook in 1945 gebou. Dit het 'n snelheid van 1 600 km/h in 1948 bereik. 'n Verbetering van die vliegtuig, die Bell X-1A, met groter brandstoftenks, wat tot gevolg het dat die vuurpyl langer kon ontbrand, het 'n snelheid van 2 600 km/h bereik in 1954.[1] Die X-1, met Chuck Yeager as die vlieënier, was die eerste bemande vliegtuig wat deur die klankgrens gebars het in gelykvlug. Dit was ook die eerste van die reeks X-vliegtuie, Amerikaanse eksperimentele vliegtuie wat bestaan het uit vuurpyl- en nievuurpyl-vliegtuie wat ontwerp was om nuwe tegnologie te toets.

  1. Hallion, Richard, P. "The NACA, NASA, and the Supersonic-Hypersonic Frontier." Geargiveer 14 Augustus 2014 op Wayback Machine NASA. URL besoek op 7 September 2011.

Previous Page Next Page






Bell X-1 AN بيل إكس-1 Arabic Bell X-1 AZ Bell X-1 Catalan Bell X-1 Czech Bell X-1 Danish Bell X-1 German Bell X-1 English Bell X-1 EO Bell X-1 Spanish

Responsive image

Responsive image