Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Bhili

Bhili
भीली
Gepraat in: Vlag van Indië Indië 
Gebied: Suid-Asië
Totale sprekers: 3 206 533[1]
Taalfamilie: Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Indo-Aries
   Wes-Indo-Aries
    Bhili 
Skrifstelsel: Devanagari, Gujarati-alfabet
Taalkodes
ISO 639-1: geen
ISO 639-2:
ISO 639-3: onderskeidelik:
bhb – Bhili (Bhagoria, Bhilboli, Patelia)
gas – Adiwasi Garasia
gra – Rajput Garasia (Dungri) 
Indo-Ariese tale in Suid-Asië

Bhili (भीली) is 'n Indo-Ariese taal wat deur sowat 3,2 miljoen mense in die westelike Sentraal-Indië se deelstate Rajasthan, Gujarat, Maharashtra en Madhya Pradesh gebesig word.[2] Van die ander name vir dié taal sluit in Bhagoria en Bhilboli; verskeie variëteite word Garasia genoem. Bhili behoort aan die Bhil-tale wat verwant is aan Gujarati en Rajasthani. Die taal word met die Devanagari-alfabet geskryf, maar soms word ook die Gujarati-alfabet gebruik.

'n Voorbeeld van Bhili

Wagdi en Bareli is die belangrikste dialekte van Bhili. Die term "Bhili" is afkomstig van die Drawidiese woord Vil wat "boog" beteken en na die boog-mense verwys.

  1. (en) "Scheduled Languages in descending order of speaker's strength – 2011" (PDF). Registrateur-generaal en sensuskommissaris van Indië. 29 Junie 2018. Besoek op 7 Julie 2018.
  2. (en) Ishtiaq, M. (1999). Language Shifts Among the Scheduled Tribes in India, A Geographical Study. Delhi: Motilal Banarsidass Publishers.

Previous Page Next Page






Idioma bhili AST بهیلی دیلی AZB ভিলি ভাষা Bengali/Bangla Bileg BR Idioma bhili Catalan Γλώσσα Μπίλι Greek Bhili language English Idioma bhili Spanish زبان بهیلی FA Bhili Finnish

Responsive image

Responsive image