Blantyre | |
---|---|
Koördinate: 15°47′10″S 35°0′21″O / 15.78611°S 35.00583°O | |
Land | Malawi |
Streek | Suidelike Streek |
Distrik | Blantyre |
Bevolking | |
• Metro | 1 895 973 |
Tydsone | UTC+2 (Sentraal-Afrika tyd) |
• Somertyd | UTC+2 |
Blantyre is Malawi se finansiële en kommersiële middelpunt en sy tweede grootste stad, met ’n inwonertal van 1 068 681 (in 2015). Dit word soms die land se kommersiële hoofstad genoem in teenstelling met sy politieke hoofstad, Lilongwe. Dit is die hoofstad van die land se Suidelike Streek asook van die Blantyre-distrik.
Die land se staatsbeheerde uitsaaidiens en hooggeregshof is in Blantyre, asook die Universiteit van Malawi se politegniese, mediese en verpleegsterskollege. Sy taamlik ongewone ligging bring mee dat die stad omring is deur berge, onder meer Berg Soche.[1]
Sowat 25 000 oudburgers van Brittanje, die res van Europa en Suid-Afrika maak deel uit van Blantyre se bevolking.