Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Blitz

colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" Blitz
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" Deel van die westelike front van die Tweede Wêreldoorlog
colspan="2" style="text-align: center; font-size: 90%; border-bottom: 1px solid #aaa; line-height: 1.25em;"
Londen na 'n lugaanval
Datum 7 September 1940 – Mei 1941
Ligging Verenigde Koninkryk
Resultaat Duitse strategiese mislukking
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" Strydende partye
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa;

" | Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk

Vlag van Nazi-Duitsland Nazi-Duitsland
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" Aanvoerders
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa;

" | * Vlag van Verenigde Koninkryk Winston Churchill

* Vlag van Nazi-Duitsland Adolf Hitler
colspan="2" style="background: lightsteelblue; text-align: center; vertical-align: middle;" Ongevalle en verliese
width="50%" style="border-right: 1px dotted #aaa;

" | ~40 000–43 000 burgerlikes dood, ~46 000 beseer
syfers vir gewonde moontlik so hoog as 139 000

onbekend
3 363 bemanning
2 265 vliegtuie (Somer 1940 – Mei 1941)

Die Blitz verwys na die tydperk in 1940 en 1941 gedurende die Tweede Wêreldoorlog toe Duitse vegvliegtuie talle bomme op Britse stede, veral op Londen, laat val het.[1]

Talle geboue is in puin gelê.
Treinstasie was as 'n bomskuiling gebruik is.

Die Britse pers het die term blitz[2] vir Duitsland se taktiek om omliggende state te oorrompel gebruik. Die projek was volledig op spoed gebaseer. Die Duitsers se doel was om hul teenstanders so vinnig moontlik, en met so min moontlik ongevalle tot oorgawe te dwing. Dit begin in September 1939 met 'n grensvoorval tussen Duitsland en Pole, waarna byna die hele Europa in kort tydjie oorrompel is. Dit was deels te wyte aan die Duitse Weermag se superioriteit, maar ook aan die laks reaksie van sommige regerings.

Duitsland se lugaanvalle oor die Verenigde Koninkryk, en veral oor Londen, het later as die Slag om Brittanje bekend geword. Die Duitse lugmag het veral industriële teikens, en gedurende die laaste fase van die stryd, burgerlike sentrums aangeval. In die proses is meer as 'n miljoen huise in Londen vernietig of beskadig en meer as 40 000 burgerlikes gedood, waarvan byna die helfte van die slagoffers in die hoofstad was.

In September 1940, twee maande nadat die aanvalle begin is, kry die Duitse intelligensie foutiewe inligting dat die Britse Lugmag amper oorwin is. Op 6 September 1940 besluit die Duitsers om hul op Londen toe te spits, wat tot talle luggevegte gelei het. Vanaf 7 September 1940 is Londen stelselmatig deur die Luftwaffe vir 56 uit die volgende 57 dae en nagte gebombardeer.

Op 15 September 1940 lei die Duitse lugmag groot verliese tydens 'n aanval in helder daglig. Daarna het die Duitse lugmag geleidelik na nagaanvalle oorskakel om Britse verdediging te probeer vermy. Teen Oktober 1940 het dit duidelik geword dat Duitsland nie met sy beplande landinval (Operasie Seeleeu) sou kon voortgaan nie.

Die omkeer kom in Mei 1941 toe Hitler hom (net soos Napoleon vantevore) op Rusland toespits. Operasie Barbarossa (soos die veldtog teen Rusland genoem is) het egter ook misluk. Die Rooi Leër was meer vasberade, beter georganiseerd en het oor beter logistiek beskik. Uiteindelik was die Duitse Weermag tot mislukking gedoem.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. BBC History-The Blitz

Previous Page Next Page






قصف لندن Arabic Blitz AST Бліц BE Блиц Bulgarian Blitz BR The Blitz Catalan Blitz Czech Y Blitz CY The Blitz Danish The Blitz German

Responsive image

Responsive image