Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Bloemfontein

Bloemfontein

Mangaung (st)
ǀʼAuxa ǃXās
Stad
'n Uitsig oor Bloemfontein
'n Uitsig oor Bloemfontein
Wapen van Bloemfontein
Wapen
Byname: 
Rosestad
Leuse(s): 
"Floreat" ("Laat dit blom")
Bloemfontein is in Vrystaat
Bloemfontein
Bloemfontein
 Bloemfontein se ligging in Vrystaat
Koördinate: 29°7′11″S 26°13′30″O / 29.11972°S 26.22500°O / -29.11972; 26.22500
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
MunisipaliteitMangaung
Stigting1846[2][3]
Regering
 • BurgemeesterGregory Nthatisi (ANC)
Oppervlak
 • Stad236,17 km2 (91,19 vk. myl)
 • Metro
6 283,99 km2 (2 426,26 vk. myl)
Hoogte
1 395 m (4 577 ft)
Bevolking
 (2021)
 • Stad528 000[1]
 • Skatting 
(2011)
256 185
 • Metro
747 431
 • Metrodigtheid120/km2 (300/vk. myl)
Demoniem(e)Bloemfonteiners
Rasverdeling (2021)
 • Wit mense29,8%
 • Indiërs/Asiërs0,8%
 • Bruin mense12,8%
 • Swart mense56,1%
 • Ander9,5%
Taal (2021)
 • Afrikaans 42,5%
 • Suid-Sotho 33,4%
 • Engels 7,5%
 • Xhosa 7,1%
 • Ander 9,5%
Poskode (strate)
9300
Poskode (posbusse)
9301
Skakelkode051
WebwerfMangaung-munisipaliteit

Bloemfontein is die hoofstad van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat en die land se sesde grootste stad. Dit is ook sedert 1910 Suid-Afrika se regterlike hoofstad (een van die land se drie hoofstede).[4] Suid-Afrika se hoogste hof, die Konstitusionele Hof, is egter sedert 1994 in Johannesburg gesetel.[5][6][7] Bloemfontein staan informeel as Bloem bekend en word in Suid-Sotho Mangaung ("plek van die jagluiperde") genoem en deur die Griekwas ǀʼAuxa ǃXās.[8] Die stad beslaan 'n oppervlakte van 236 vierkante kilometer en het 'n bevolking van sowat 528 000.[1] Die Mangaung Metropolitaanse Munisipaliteit, waarvan dit deel is, het 'n bevolking van 747 431.[9] Bloemfontein lê op 'n hoogte van 1 395 m bo seevlak. Sedert 2023 dien Gregory Nthatisi van die African National Congress (ANC) as uitvoerende burgemeester van Bloemfontein en omstreke.[10]

'n Uitsig oor Bloemfontein, soos gesien vanaf Naval Hill
Die Appèlhof van Suid-Afrika in Bloemfontein

Bloemfontein lê in die hart van die Vrystaat se sentrale plato en is een van die min stede met 'n wildtuin in sy sentrum, bo-op Naval Hill. Bloemfontein staan nog steeds vir sy blommeprag en die voormalige Rosefees bekend en het die bynaam Rosestad. Die stad is geleë in die middel van die land, waarvolgens dit ook "Sentraal-Suid-Afrika" genoem word.[11][12][13]

Die stad het sy oorsprong in 'n Britse fort en nedersetting wat in 1846 deur majoor Henry Douglas Warden in die destydse Transoranje-streek gevestig is. Dit het vervolgens as administratiewe setel van die Britse kolonie Oranjerivier-soewereiniteit (1848–1854) en die onafhanklike Boererepubliek Oranje-Vrystaat gedien wat in 1854 gestig is. Tussen Mei en Junie 1899 is die historiese Bloemfontein-konferensie hier gehou as 'n laaste vergeefse poging om 'n militêre konflik tussen die destydse Boererepublieke en die Britse Ryk te vermy. In die 20ste eeu het Bloemfontein tot die geografiese spilpunt van Suid-Afrika se spoorwegnetwerk ontwikkel. Sowat 160 km noordoos van Bloemfontein het 'n groot ekonomiese opswaai vanaf 1948 met die ontginning van die Vrystaatse Goudveld begin. Later, vanaf 1962, het die gebied sentraal gestaan in die verwesenliking van die Oranjerivierprojek met sy waterkragsentrales en besproeiingskemas.

Vandag is Bloemfontein 'n moderne stad met wolkekrabbers, winkelsentrums en restaurante; en die Sand du Plessis-teater as een van sy kenmerkendste argitektoniese besienswaardighede. Tegelykertyd het Bloemfontein sy kulturele erfenis bewaar en die stad spog met pragtige historiese geboue soos die Raadsaal, een van die mooistes in Suid-Afrika. In die stad is die Hoogste Hof van Appèl, Franklin-wildreservaat, Naval Hill, Maselspoort-ontspanningsoord en die Sand du Plessis-teaterkompleks geleë. Die stad beskik ook oor 'n aantal museums, waaronder die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum, die Nasionale Vrouemonument, die Anglo-Boereoorlogmuseum, die Nasionale Museum en die Oliewenhuis Kunsmuseum. Bloemfontein spog ook met die eerste digitale planetarium in die Suidelike Halfrond, die Naval Hill-planetarium, en die Boyden-observatorium, 'n sterrekundige navorsingssterrewag.

  1. 1,0 1,1 (en) Wendell Cox (Junie 2021). Demographia World Urban Areas 13th Edition (PDF). Demograhia. p. 96. Besoek op 18 Augustus 2024.
  2. (en) "Chronological order of town establishment in South Africa based on Floyd (1960:20-26)" (PDF). pp. xlv–lii. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 22 September 2016.
  3. (en) Evans, Owain. "Chronological Order of Town Establishment in South Africa". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 30 September 2019.
  4. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  5. (en) Marais, Lochner; Twala, Chitja (7 Mei 2020). "Bloemfontein: the rise and fall of South Africa's judicial capital". African Geographical Review. Informa UK Limited. 40 (1): 49–62. doi:10.1080/19376812.2020.1760901. ISSN 1937-6812. S2CID 218929562.
  6. (en) "South Africa at a glance". Regering van Suid-Afrika. Besoek op 16 Augustus 2024.
  7. (en) Wendell Cox (2017). Demographia World Urban Areas 13th Edition (PDF). Demograhia. pp. 20–36.
  8. (en) "Bloemfontein". Strabon. Besoek op 18 Augustus 2024.
  9. (en) "Statistics By Place: Mangaung". Statistiek Suid-Afrika. Besoek op 18 Augustus 2024.
  10. (en) Kekeletso Mosebetsi (15 Oktober 2023). "Nthatisi elected as mayor of Mangaung Metro". OFM. Besoek op 18 Augustus 2024.
  11. (en) "Did you know?". Bloemfontein. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Maart 2008. Besoek op 8 Maart 2008.
  12. (en) "General Information". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Desember 2008. Besoek op 8 Desember 2008.
  13. (en) "10 SA city nicknames, and why they're called that". Nuus24. 22 Junie 2015. Besoek op 18 Augustus 2024.

Previous Page Next Page