Bodhisattva | ||
Prajnaparamita, ’n vroulike bodhisattva uit Java. | ||
Vertalings | ||
Sanskrit | बोधिसत्त्व, bodhisattva | |
Pali | Bodhisatta | |
Tamil | போதிசத்துவர் | |
Thai | พระโพธิสัตว์ | |
Viëtnamees | Bồ Tát | |
Tradisionele Sjinees | 菩薩 | |
Vereenvoudigde Sjinees | 菩萨 | |
Jyutping | pou4 saat3 | |
Japannees | 菩薩 (Bosatsu) | |
Koreaans | 보살 (Bosal) | |
Afrikaans | Bodhisattva |
Bodhisattva is die Sanskrit-term in Mahayana-Boeddhisme vir ’n wese met bodhi (verligting). ’n Bodhisattva is enigiemand wat, aangespoor deur groot meelewing, bodhicitta opgewek het – die spontane wens om ander by te staan om boeddhaskap te bereik.[1] Dit is een van vier verhewe toestande wat ’n mens in die lewe kan bereik (die ander is ’n arhat, boeddha of pratyekaboeddha).[2]
Die gebruik van die term "bodhisattva" het mettertyd verander. In vroeë Indiese Boeddhisme is dit byvoorbeeld hoofsaaklik gebruik om spesifiek na Siddhartha Gautama in sy vorige lewens te verwys.[3][4]
Bodhisattvas is gewilde onderwerpe in Boeddhistiese kuns.