Dit is redelik algemeen dat die boodskapperstaf van Hermes met sy twee slange en vlerke verkeerdelik deur geneeskundige instellings as hul teken gebruik word in plaas van die staf van Asklepios, wat net een slang en geen vlerke het nie. Laasgenoemde is ’n staf wat deur ’n enkele slang omstrengel word en wat behoort het aan die Griekse god Asklepios, wat met medisyne en genesing verbind is.
In die VSA is die gebruik hoofsaaklik te wyte aan die land se mediese korps se aanvaarding van die boodskapperstaf as sy teken in 1902.[1][2]