Bredasdorp | |
---|---|
'n Uitsig oor Bredasdorp | |
Byname: B-dorp (uitgespreek: Bie-dorp) | |
Koördinate: 34°32′00″S 20°02′30″O / 34.53333°S 20.04167°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Kaap Agulhas |
Stigting | 1838 |
Oppervlak | |
• Totaal | 25,15 km2 (9,71 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 15 524 |
• Digtheid | 617/km2 (1 600/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 19.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 66.5% |
• Swart mense | 12.7% |
• Ander | 1.3% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 83.1% |
• Xhosa | 7.5% |
• Engels | 4.3% |
• Ander | 5.0% |
Poskode (strate) | 7280 |
Poskode (posbusse) | 7280 |
Skakelkode | 028 |
Bredasdorp (IFA: brə'dɑ:sdɔrp) is ’n dorp in die suidelike Overbergstreek van die Wes-Kaap, Suid-Afrika, en vorm die ekonomiese hart van dié gebied. Dit is aan die noordelike kant van die Agulhasvlakte geleë, sowat 160 km suidoos van Kaapstad en 35 kilometer noord van Kaap Agulhas, die mees suidelike punt van Afrika. Jaarliks is die dorp gasheer vir die Voet van Afrika-marathon en die Agri Megaweek.