Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Breederivier

Breederivier
Breërivier
Die Breederivier ongeveer 5 km vanaf sy monding.
Die Breederivier ongeveer 5 km vanaf sy monding.
Die Breederivier ongeveer 5 km vanaf sy monding.
Stroomgebied Wes-Kaap, Suid-Afrika
Oorsprong Skurweberg, Wes-Kaap
Sytak -links sien teks vir sytakke
Monding Witsand, Indiese Oseaan
Lengte 337 km
Monding-hoogte 0 m
Ligging van Breederivier op 'n kaart (Wes-Kaap)
Breederivier
Breederivier
Koördinate: 34°24′S 20°50′O / 34.400°S 20.833°O / -34.400; 20.833

Die Breederivier (ook Breërivier[1]), voorheen ook Fleuve Large,[2] vloei deur van die bekendste wynproduserende streke van Suid-Afrika. Die rivier ontspring in die Warm Bokkeveld met die Skurwe- en Hexrivierberge as opvanggebied, en vorm waar die Titus-, Koekedou- en Dwarsriviere saamkom. In die St. Sebastiaanbaai by Kaap Infanta (westelike oewer) en Witsand en Port Beaufort (oostelike oewer) mond die rivier in die Indiese Oseaan uit. Die mond is 900 meter wyd.

  1. Breërivier is reeds opgeneem in De Promontorio bonae spei ejusqve Incolis Hottentottis (1686), p. 11-12:
    Latyn: Praeruptos atque nivale, qveis tota haec regio obvallatur, montes flumina, ut umbra corpus, seqvuantur. Praecipua sunt 1. Butyrosum [De Boter-Rivier], 2. Obscaenum [Kafferkuls rivier]. 3. Montanum [Berg rivier], qvod reliqvis manifestius e montibus scaturiat. 4. Ateleuteton, seu sine fine flumen [Rivier sonder eynde], ex montibus ortum, hactenus, qvousqve se extendat, ignotum. 5. Latum [Bree-rivier], ex adsitarum arborum ordine amoenissimum, minime profundum, 6. Paludosum [Moeras-rivier]. Hi, qvibus abunde irrigatur ille tractus, fluvii dulci & percocto latice suo pleriqve saltem saluberrimi sunt.
    Afrikaans: Die riviere se loop word bepaal deur die ruwe en sneeubedekte berge, wat van hierdie gebied 'n moeilik toeganklike bergstreek maak, en volg hulle soos 'n skadu die liggaam volg. Die belangrikste is: 1. Die Botterrivier. 2. Die Kafferkuilsrivier. 3. Die Bergrivier, wat meer sigbaar uit die berge ontspring as die ander (riviere). 4. Sonder end, die Rivier sonder einde, wat in die berge ontspring en waarvan niemand tans weet waarheen presies dit vloei nie. 5. Die Breërivier wat die laagste watervlak van alle riviere het, met die aantreklikste bome langs sy oewer. 6. Die Moerasrivier. Hierdie is lieflike riviere, wat dié streek van 'n oorvloed water voorsien wat meestal, tenminste as dit verhit word, uiters gesond is.
  2. Meiring, B & Saal, E.O. 2006. Taalvariasie en taalpolitiek: Enigste studiegids vir AFK304-3. Pretoria: Unisa, bl. 241: Die Breede Rivier se naam was eers die Franse Fleuve Large

Previous Page Next Page






نهر بريد ARZ Брыдэ BE Брыдэ (рака) BE-X-OLD Breederivier CEB Breede Czech Breede River German Breede River English Breede jõgi ET Breede-folyó Hungarian Breede (fiume) Italian

Responsive image

Responsive image