Breyten Breytenbach (* 16 September1939 — † 24 November2024)[7] was 'n Suid-Afrikaanseskrywer en kunstenaar met Franse burgerskap.[8] Breytenbach het 'n beduidende bydrae tot die Afrikaanse letterkunde met sy digkuns gelewer.[9] Hy is ook bekend as die mees prominente gevangenis-skrywer van Suid-Afrika, nadat hy nege jaar tronkstraf onder die apartheidsregering moes uitdien.[10] Sy omvangryke oeuvre is geskryf onder sy eie naam, sowel as B.B. Lasarus, Jan Blom en Jan Afrika.