Broederstroom | |
---|---|
Nedersetting | |
Koördinate: 25°48′49″S 27°52′17″O / 25.81361°S 27.87139°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Noordwes |
Distriksmunisipaliteit | Bojanala Platinum |
Plaaslike Munisipaliteit | Madibeng |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 0240 |
Skakelkodes | 012 |
Broederstroom is 'n dorpie langs die R512-pad op die Daspoortrand aan die voetheuwels van die Magaliesberg in Noordwes, Suid-Afrika. Dit het gegroei uit 'n Voortrekker-nedersetting wat gestig is in die nasleep van Mzilikazi se ontvolking van die streek tydens die Mfecane.
Die nedersetting is geleë in die Witwatersberg suid van die Hartbeespoortdam, in die voormalige Pretoriadistrik, naby Pelindaba, wat twee kernreaktore huisves vir navorsings- en vredestydse doeleindes.
Verskeie klein tot mediumgrootte besighede, oornaggeriewe, plaashuise en informele nedersettings is hier langs die R512–pad op die westelike oewer van die Krokodilrivier geleë. Die los samevoeging van wonings en besighede word deur die Jalalpor-pad wat van wes na oos loop, en die Bart Pretorius-pad wat van suid na noord loop, in twee gesny. Die uitgestrekte Pecanwood-gholflandgoed is sowat 4 km noord, aan die oewer van die Hartbeespoortdam, geleë.[1]
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)