City of Burlington | |
---|---|
![]() | |
Shire town[1] of Chittenden County | |
Ligging | |
![]() |
![]() |
Basiese gegewens | |
Stigting: | 1763 (New Hampshire Grants) 1865 (Inkorporasie) |
Bevolking: | 42 417 (2010) |
Oppervlakte: | 40,1 km² |
Bevolkingsdigtheid: | 1 421,6 inwoners/km² |
Gemiddelde inkomste: | $ 33 070[2] (2000) |
Geografiese ligging: | 44°28′N 73°9′W / 44.467°N 73.150°W |
Tydsone: | EST (UTC-5) Somertyd: EDT (UTC-4) |
Webtuiste : | Burlington |
Administratiewe verdeling | |
Land: | ![]() |
Deelstaat: | ![]() |
County: | Chittenden County |
Burgemeester: | Miro Weinberger (D) |
ZIP kode: | 05401-05403, 05405-05408 |
Skakelkode: | 802 |
Burlington is die grootste stad in die deelstaat Vermont (noordoostelike Verenigde State) en die administratiewe hoofstad (Engels: shire town) van Chittenden County. Burlington dien as die ekonomiese, finansiële, nywerheids-, kulturele en opvoedkundige sentrum van Vermont.
Met 'n bevolking van 42 417 (volgens die sensus van 2010; in 2019 is dit op 42 819 beraam) is Burlington die sentrum van een van die kleiner metropolitaanse gebiede van die Verenigde State, wat naas Burlington uit die stede South Burlington en Winooski en die dorpe Colchester, Essex en Essex Junction bestaan. Die metropolitaanse gebied beslaan die drie noordwestelike distrikte Chittenden, Franklin en Grand Isle met 'n totale bevolking van 203 503 (2003). Nogtans is Burlington die "kleinste" grootste stad van enige VSA-deelstaat.
Danksy sy ligging aan die oostelike oewer van die Champlainmeer naby die Groen Berge en sy verruklike natuurskoon het Burlington tot 'n belangrike hawestad en toeristebestemming ontwikkel.