Caledon | |
---|---|
Koördinate: 34°13′48″S 19°25′42″O / 34.23000°S 19.42833°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Theewaterskloof |
Stigting | 1811 |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,06 km2 (6,97 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 13 020 |
• Digtheid | 721/km2 (1 870/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 15,6% |
• Indiërs/Asiërs | 0,2% |
• Bruin mense | 69,6% |
• Swart mense | 13,7% |
• Ander | 0,8% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 85,3% |
• Xhosa | 7,1% |
• Engels | 2,9% |
• Suid-Sotho | 2,4% |
• Ander | 2,3% |
Poskode (strate) | 7230 |
Poskode (posbusse) | 7230 |
Caledon is 'n dorp in die Wes-Kaap aan die voet van die Klein Swartberg, 125 km oos-suidoos van Kaapstad en 72 km noordwes van Bredasdorp. Die dorp is 244 meter bo seespieël aan die N2 nasionale pad tussen Kaapstad en Port Elizabeth geleë in 'n distrik, algemeen bekend as die Overberg, wat bekend is om sy pragtige natuurtonele en die staalfontein. Dit is wêreldberoemd om sy groot verskeidenheid heide, protea en ander veldblomtipes. Daar is ook 'n casinokompleks op die dorp. Sedert Februarie 2014 produseer die windplaas, Dassiesklip, omtrent 5 km wes van Caledon, ook hernieubare energie aan die hoofkragtoevoer.