Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Canberra

Canberra

Ligging in Australië Wapen
Vlag
 Land Australië
 Deelstaat ACT
 Koördinate 35°16' S, 149°07' O
 Stigting 12 Maart 1913
 Oppervlakte:  
 - Totaal 805,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 632 m
 Bevolking:  
 - Totaal (30 Junie 2010) 358 900[1]
 - Bevolkingsdigtheid 445,5/vk km
 Stadskarakter Beplande tuinstad
 Tydsone (Somertyd) AOST: UTC +10 (11)
 Klimaat  
 - Tipe Kontinentaal-gematig
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 13 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie 20,4 / 5,5 °C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslae 633 mm
 Hoofminister Jon Stanhope (LP)
 Amptelike Webwerf www.act.gov.au

Canberra [uitspraak varieer: ˈkænbɹə / ˈkæmbɹə / ˈkænbəɹə / kænˈbeɹə] is die hoofstad van die Gemenebes Australië (Engels: Commonwealth of Australia) met 'n oppervlakte van 805,6 vierkante kilometer en 358 900 inwoners op 30 Junie 2010.

Canberra lê in die noorde van die Australiese Hoofstadgebied (Australian Capital Territory, ACT), sowat 280 kilometer suidwes van Sydney en 650 kilometer noordoos van Melbourne. Die Australiese hoofstad se ligging is in 1908 as 'n soort geografiese kompromis tussen die twee grootste stede van die land, Sydney en Melbourne, gekies.

'n Model van Canberra se "parlementêre driehoek"

As 'n beplande tuinstad in die outback of Australiese binneland verskil Canberra duidelik van ander groot Australiese stede. Canberra het sy kenmerkende stadskarakter aan 'n internasionale kompetisie te danke wat in 1911 deur die Australiese regering deurgevoer is. Van die 136 ontwerpe, wat deur argitekte ingedien is, is uiteindelik die Amerikaanse argitekte Walter Burley Griffin en Marion Burley Griffin (Chicago) se indrukwekkende kombinasie van sirkels en driehoeke gekies, wat die landskap van die omgewing tegelykertyd by die ontwerp betrek, maar ook omgeskep het.

Die ontwerp was grootliks deur die tuinstadbeweging beïnvloed en sluit uitgestrekte gebiede met plaaslike flora in sodat Canberra vinnig die bynaam bush capital gekry het. Boubedrywighede het in 1913 'n aanvang geneem en is later deur die twee wêreldoorloë en die Groot Depressie vertraag. Nogtans is die Federale Parlement hier in 1927 met 'n plegtige seremonie geopen. Ná die Tweede Wêreldoorlog het Canberra tot 'n florerende administratiewe sentrum gegroei.

Canberra huisves die Australiese parlementsgebou, die Hooggeregshof van Australië en talle regeringsdepartemente en -agentskappe, maar ook 'n groot aantal sosiale, opvoedkundige en kulturele instellings soos die Nasionale Galery, die Nasionale Universiteit en die Nasionale Museum van Australië. Die federale regering lewer die grootste bydrae tot die Australiese Hoofstadgebied se bruto geografiese produk en is ook die belangrikste werkverskaffer.

Canberra was een van die Australiese gasheerstede tydens die Krieketwêreldbeker 1992, Rugbywêreldbeker 2003 en Krieketwêreldbeker 2015.

  1. Australian Bureau of Statistics, Junie 2010

Previous Page Next Page






Канберра AB Canberra ACE Канберрэ ADY Canberra ALS ካንበራ AM Canberra AN Canberra ANG كانبرا Arabic كانبيرا ARY كانبرا ARZ

Responsive image

Responsive image