Carnarvon | |
---|---|
Koördinate: 30°58′S 22°8′O / 30.967°S 22.133°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Kareeberg |
Stigting | 1853 |
Oppervlak | |
• Totaal | 108,75 km2 (41,99 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 6 612 |
• Digtheid | 61/km2 (160/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 7.6% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 86.8% |
• Swart mense | 4.8% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 96.2% |
• Engels | 1.6% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 8925 |
Skakelkode | 053 |
Webwerf | http://www.carnarvon.co.za/ |
Carnarvon is 'n dorp in die provinsie Noord-Kaap, 135 km noordoos van Williston en 133 km noordwes van Victoria-Wes in die sentrale Karoo. Dit is 'n handelsentrum vir die omliggende gebiede. Die besonder aangename klimaat leen hom uitstekend daartoe dat sport op groot skaal hier beoefen kan word en sportgeriewe sluit onder meer 'n munisipale swembad, rugbyvelde, tennis- en rolbalbane, krieketveld, jukskei- en pluimbalbane in.