Charles Bell (1813–1882) was ’n Skotsgebore landmeter-generaal van die ou Kaapkolonie, 'n kunstenaar, heraldikus, en ontwerper van medaljes en seëls. As skilder is hy veral bekend vir ’n geïdealiseerde voorstelling van Jan van Riebeeck se eerste kennismaking met die Strandlopers in Tafelbaai. Hy het ook die beroemde Kaapse driehoekseëls ontwerp.[1]