Chatsworth | |
---|---|
Koördinate: 29°54′36″S 30°53′6″O / 29.91000°S 30.88500°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | KwaZulu-Natal |
Munisipaliteit | eThekwini |
Oppervlak | |
• Totaal | 42,73 km2 (16,50 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 196 580 |
• Digtheid | 4 601/km2 (11 920/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0,1% |
• Indiërs/Asiërs | 60,0% |
• Bruin mense | 1,2% |
• Swart mense | 38,2% |
• Ander | 0,5% |
Taal (2011) | |
• Engels | 62,6% |
• Zoeloe | 26,2% |
• Xhosa | 5,7% |
• Suid-Sotho | 1,3% |
• Ander | 4,2% |
Poskode (strate) | 4092 |
Poskode (posbusse) | 4030 |
Skakelkode | 031 |
Chatsworth is 'n groot stadsdeel aan die westekant van Durban in die provinsie KwaZulu-Natal, Suid-Afrika. Chatsworth ressorteer onder die eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit.
Die stadsdeel het as setel gedien van die Minority Front, 'n politieke party in Suid-Afrika met hoofsaaklik Indiërsteun. In 2009 se provinsiale en nasionale verkiesing het die MF in die meeste stemdistrikte in Chatsworth die meeste stemme gekry, maar in 2014 se verkiesing het die Demokratiese Alliansie die MF hier onttroon en was dit verreweg die gewildste party, nadat hy in 2009 net in twee stemdistrikte eerste gestaan het.[2] Chatsworth bestaan uit voorstede soos Arena Park, Bayview, Bottlebrush, Croftdene, Crossmoor, Havenside, Kharwastan, Lamontville, Montford, Moorten, Risecliff, Silverglen, Umhlatuzana, Welbedacht, Welbedacht Mine, Westcliff en Woodhurst.