Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Dauphin-eiland

Dauphin-eiland
Inheemse naam: Dauphin Island
Die suidoostelike kusgebied van Dauphin-eiland
Die suidoostelike kusgebied van Dauphin-eiland
Geografie
Ligging Golf van Meksiko

Oppervlakte 430,1 km2 (waarvan 16,1 km2 land)

Administrasie
Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Deelstaat Alabama

Hoofstad Dauphin Island

Demografie
Bevolking 1 238

Bevolkingsgroepe Meer as 97 persent blankes

Dauphin-eiland (Engels: Dauphin Island) is 'n rifeiland in die Golf van Meksiko, net suid van Bayou La Batre in Mobile County in die Amerikaanse deelstaat Alabama. Die eiland het in sy geskiedenis onder opeenvolgende Franse, Britse en Spaanse bewind gekom voordat dit deel van die Amerikaanse Alabama-gebied en uiteindelik in 1819 deel van die deelstaat Alabama geword het.

Oorspronklik het die eiland as Massacre Island of "Slagtingeiland" bekend gestaan nadat die Franse ontdekkingsreisiger Pierre Le Moyne d'Iberville (1661-1706) hier in 1699 op talle menslike geraamtes afgekom het. Die vermeende slagveld was egter niks meer as 'n Indiaanse grafheuwel wat deur 'n orkaan opgebreek is nie. Later het die eiland ter ere van die seun en erfgenaam van koning Lodewyk XIV van Frankryk sy huidige naam gekry.

Die belangrikste nedersetting op die eiland is Dauphin Island wat in 1988 geïnkorporeer is. Die eiland is danksy sy sandstrande en ryk visgronde 'n gewilde bestemming vir toeriste en amateurvissers. Weens die groot swerms trekvoëls wat hier vergader, is Dauphin-eiland, wat amptelik tot natuurbewaringsgebied verklaar is, daarnaas 'n gewilde trekpleister vir voëlliefhebbers. Sedert 1982 verbind 'n padbrug, Gordon Persons Bridge, die eiland met die vasteland.


Previous Page Next Page