Diastella | |
---|---|
Diastella divaricata | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Eudicots |
Orde: | Proteales |
Familie: | Proteaceae |
Subtribus: | Leucadendrinae |
Genus: | Diastella Salisb., 1809 |
Spesies | |
Diastella is 'n struikgenus wat hoort tot die familie Proteaceae. Daar is sewe spesies wat tot die genus hoort. Die genus is endemies aan Suid-Afrika en vorm deel van die fynbos plantegroei. Al die spesies kom in die Wes-Kaap voor. In Engels staan die genus as die silkypuffs bekend.
Die genus is matvormig en groei selde hoër as 1 meter. Die genus blare is lynvormig tot ovaal, gewoonlik sonder tande.