Dina Boluarte | |
Boluarte in 2023 | |
131ste president van Peru
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 Desember 2022 | |
Vise | Vakant |
---|---|
Eerste minister | Pedro Angulo Arana Alberto Otárola |
Voorafgegaan deur | Pedro Castillo |
Eerste vise-president van Peru
| |
Ampstermyn 28 Julie 2021 – 7 Desember 2022 | |
President | Pedro Castillo |
Voorafgegaan deur | Martín Vizcarra (2018) |
Opgevolg deur | Vakant |
Minister van Ontwikkeling en Maatskaplike Insluiting
| |
Ampstermyn 29 Julie 2021 – 26 November 2022 | |
Voorafgegaan deur | Silvana Vargas |
Opgevolg deur | Cinthya Lindo Espinoza |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Dina Ercilia Boluarte Zegarra 31 Mei 1962 Chalhuanca, Peru |
Politieke party | Vrye Peru (2017–2022) Onafhanklik |
Eggenoot/-note | David Gómez Villasante (t. 1992) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Universiteit van San Martin de Porres (LLB) |
Handtekening |
Dina Ercilia Boluarte Zegarra (gebore 31 Mei 1962) is 'n Peruaanse politikus, staatsamptenaar en prokureur wat sedert 7 Desember 2022 as die president van Peru dien. Sy het as die eerste vise-president en minister by die Ministerie van Ontwikkeling en Maatskaplike Insluiting onder president Pedro Castillo gedien. Voor dit was sy vanaf 2007 tot 2022 'n beampte by die Nasionale Register van Identifikasie en Burgerlike Status (RENIEC).[1][2]
Boluarte is die eerste vrou om as president van Peru te dien.[3] Sy is ingesweer na 'n mislukte self-staatsgreep deur president Pedro Castillo wat gelei het tot sy vervolging, uitsetting en arrestasie. Haar presidentskap kom tydens 'n tydperk van politieke onrus in Peru wat in 2017 begin het, Sy is die sesde president van Peru in vyf jaar.[4]
Gedurende haar eerste paar dae as president het pro-Castillo-protesaksies regoor Peru voorgekom; die Boluarte-regering se reaksie is deur Amnestie Internasionaal gekritiseer as "staatsonderdrukking".[5]