Duif | |
---|---|
'n Klipduif (Columba rupestris) in Pakistan | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Columbidae
|
Tipegenus | |
Columba Linnaeus, 1758
| |
Subfamilies | |
| |
geografiese verspreiding van die duiffamilie en -orde |
'n Duif is 'n voël wat aan die familie Columbidae en die orde van duifagtiges (Columbiformes) behoort — die familie omvat die hele orde.[1] Die familie bestaan uit sowat 316 spesies,[2] wat inheems is aan die Ou sowel as Nuwe Wêreld. Hul insluiting by die Columbimorphae-klade, en gevolglike verwantskap met sandpatryse en mesiete, dui wel op 'n Ouwêreldse oorsprong. Hul grootste spesiediversiteit is in die vogtige trope en subtrope.[2] Sedert die tyd van die ou Egiptenare is duiwe al makgemaak en benut om boodskappe wat aan hul pote vasgebind was te vervoer. Lank reeds word dié voëls deur tallose toegewyde vliegduifgeesdriftiges aangehou, en uit hierdie bronbevolking het meeste stadsduiwe ontstaan.[3] Hul wetenskaplike familie- en ordename is van "columba", die Latynse naam vir ‘n duif, afgelei.[4]