Dullah Omar | |
Minister van Vervoer
| |
Ampstermyn 1999 – 2004 | |
President | Thabo Mbeki |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mac Maharaj |
Opgevolg deur | Jeff Radebe |
Minister van Justisie
| |
Ampstermyn 1994 – 1999 | |
President | Nelson Mandela |
Voorafgegaan deur | Kobie Coetsee |
Opgevolg deur | Penuell Maduna |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | 26 Mei 1934 Observatory, Kaapstad, Suid-Afrika |
Sterf | 13 Maart 2004 (op 69) Suid-Afrika |
Politieke party | African National Congress |
Alma mater | Universiteit van Kaapstad |
Religie | Islam |
Abdullah Mohamed Omar (26 Mei 1934 in Kaapstad – 13 Maart 2004), beter bekend as Dullah Omar, was 'n Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis, prokureur, en van 1994 tot sy dood 'n minister in die Suid-Afrikaanse kabinet.
Omar is op 26 Mei 1934 in Observatory, Kaapstad gebore. Sy ouers was immigrante vanaf Gujarat in die weste van Indië.[1] Omar het aan Hoërskool Trafalgar skoolgegaan.[2] Hy was 'n gerespekteerde lid van die Moslemgemeenskap in Suid-Afrika.[3] Hy het aan die Universiteit van Kaapstad studeer en 'n regsgraad verwerf in 1957.[4]
Tydens die apartheidsjare het Omar 'n paar lede van die Pan Africanist Congress of Azania (PAC) en die African National Congress (ANC) verdedig. Later was hy ook 'n lid van die United Democratic Front (UDF).