Dwight David Eisenhower | |
---|---|
![]() | |
34ste President van die Verenigde State | |
Ampstermyn | 20 Januarie 1953 – 20 Januarie 1961 |
Voorganger | Harry S. Truman |
Opvolger | John F. Kennedy |
Geboortedatum | 14 Oktober 1890 |
Geboorteplek | Denison, Texas |
Sterftedatum | 28 Maart 1969 |
Sterfteplek | Washington, D.C. |
Eerste Dame | Mamie Doud Eisenhower |
Politieke party | Republikein |
Visepresident | Richard Nixon |
Handtekening | ![]() |
Dwight David Eisenhower (14 Oktober 1890 – 28 Maart 1969) was 'n voormalige vyf-ster Generaal van die Leër van die Verenigde State van Amerika en 'n Amerikaanse politikus wat as die vier-en-dertigste President van die Verenigde State gedien het, vanaf 1953 tot 1961. Tydens die Tweede Wêreldoorlog was hy die opperbevelvoerder van die Geallieerdes van die Tweede Wêreldoorlog in Europa, en was verantwoordelik vir die beplanning en toesighouding van die inval van Frankryk en Duitsland in 1944-45. In 1951 het hy die eerste opperbevelvoerder van NAVO geword.[1]
As 'n Republikein is hy verkies as die 34ste President van die Verenigde State van Amerika en het hy twee volle termyne gedien. Hy het as president die Koreaanse Oorlog beëindig, druk op die Sowjetunie uitgeoefen tydens die Koue Oorlog, kernwapens 'n hoë verdedigingsprioriteit gemaak, die Ruimtewedloop geloods, die Amerikaanse "Social security"-program uitgebrei en die "Interstate Highway"-stelsel begin. Tydens sy ampstermyn het Alaska (3 Januarie 1959) en Hawaii (21 Augustus 1959) die 49ste en 50ste deelstate van die Verenigde State van Amerika geword.