Eduard II | |
---|---|
Koning van Engeland | |
![]() | |
Huis | Angevyne |
Regeer | 7 Julie 1307 – 25 Januarie 1327 |
Voorganger | Eduard I |
Opvolger | Eduard III |
Eggenote | Isabella van Frankryk |
Kinders | Eduard III John Eleanor Johanna |
Gebore | 25 April 1284; Gwynedd |
Oorlede | 21 September 1327 |
Vader | Eduard I |
Moeder | Eleanor van Kastilië |
Eduard II (25 April 1284 – 21 September 1327) was van 1307 koning van Engeland totdat hy deur sy vrou, Isabella, in Januarie 1327 onttroon is. In vergelyking met die bewind van sy pa, Eduard I, en sy seun, Eduard III, was sy regering ’n tydperk van onbevoegdheid, ’n politieke gekibbel en militêre nederlae.
Daar word vermoed dat hy óf homoseksueel óf biseksueel was. Hy het egter minstens vyf kinders by twee vroue gehad. Sy onvermoë om selfs die uitspattigste eise van sy manlike gunstelinge te weier het gelei tot konstante politieke onrus en sy eindelike ondergang.
Eduard I het vrede gebring in Gwynedd en ander dele van Wallis en die Skotse laaglande, maar het nooit ’n besliste oorwinning behaal nie. Sy leër is egter by Bannockburn verslaan en daardeur is Skotland bevry van Engelse oorheersing. Skotse magte het daarna vryelik in die noorde van Engeland geplunder.