Edward VII | |
---|---|
Koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse Dominiums; Keiser van Indië | |
Koning Edward ná sy kroning in 1902, deur sir Luke Fildes, National Portrait Gallery, Londen. Let op die septer in sy oorspronklike vorm, kort voordat die Cullinan-diamant bygevoeg is.
| |
Vorstehuis | Sakse-Koburg en Gotha |
Titels | SM die Koning SKH die Prins van Wallis SKH die Hertog van Rothesay SKH die Hertog van Cornwallis |
Regeer | 22 Januarie 1901 – 6 Mei 1910 |
Kroning | 9 Augustus 1902 |
Voorganger | Victoria |
Opvolger | George V |
Volle naam | Albert Edward |
Gebore | 9 November 1841; Buckingham-paleis, Londen |
Oorlede | 6 Mei 1910; Buckingham-paleis, Londen |
Begrawe | 20 Mei 1910; St. George-kapel, Windsor |
Eggenote | Alexandra van Denemarke |
Kinders | Prins Albert Victor, Hertog van Clarence en Avondale George V Louise van Sakse-Koburg en Gotha, Hertogin van Fife Prinses Victoria Maud, Koningin van Noorweë Prins Alexander John van Wallis |
Vader | Albert van Sakse-Koburg en Gotha |
Moeder | Victoria |
Edward VII (Albert Edward, deur sy familie meestal Bertie genoem; * 9 November 1841; † 6 Mei 1910) was koning van die Verenigde Koninkryk en die Britse dominiums asook Keiser van Indië van 22 Januarie 1901 tot met sy dood op 6 Mei 1910. Hy was die eerste monarg van die Huis van Sakse-Koburg en Gotha wat deur sy seun George V hernoem is tot die Huis van Windsor.
Voor hy koning geword het, was Edward die Prins van Wallis en regmatige troonopvolger vir langer as enigiemand anders in die geskiedenis.[1] Tydens die lang tyd dat sy ma, koningin Victoria, ’n weduwee was, was hy grootliks uitgesluit van enige politieke mag en het hy die modebewuste elite met ’n luilekker lewe verpersoonlik.