Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Eerste Meksikaanse Keiserryk

Primer Imperio Mexicano
Eerste Meksikaanse Keiserryk

1821–1823

Vlag Wapenskild
Vlag Wapen
Leuse: Religión, Independencia, Unión
(Spaans vir: "Godsdiens, Onafhanklikheid, Eenheid")
Ligging of Meksiko
Ligging of Meksiko
Die Eerste Meksikaanse Keiserryk tussen 1821 en 1823.
Hoofstad Meksikostad
19°26′N 99°08′W / 19.433°N 99.133°W / 19.433; -99.133
Taal/Tale Spaans
Godsdiens Rooms-Katolieke Kerk
Regering Monargie
Keiser
 - 1822–1823 Agustín de Iturbide
President van die Regentskap
 - 1821–1822 Agustín de Iturbide
 - 1822–1823 Nicolás Bravo Rueda
Eerste Minister
 - 1822–1823 José Manuel de Herrera
 - 1823 José Cecilio del Valle
Wetgewer Kongres
Historiese tydperk Nuwe Tyd
 - Begin van die Meksikaanse Onafhanklikheidsoorlog 16 September 1810
 - Onafhanklikheid van Meksiko 27 September 1821
 - Kroning van Agustín I van Meksiko 21 Julie 1822
 - Monargie omvergewerp 19 Maart 1823
 - Teregstelling van Agustín I 19 Julie 1824
Oppervlakte
 - 1821 4 925 283 km2
1 901 662 sq mi
Bevolking
 - 1821 skatting 6 500 000 
     Digtheid 1,3 /km² 
3,4 /sq mi
Geldeenheid Real
Regent (1821–1822) en keiser (1822–1823) Agustín de Iturbide
Kroning van keiser Agustín de Iturbide op 21 Julie 1822 in Meksikostad
Die 24 deelgebiede van Meksiko in 1821

Die Eerste Meksikaanse Keiserryk (Spaans: Primer Imperio Mexicano) het vanaf 1821 tot 1823 op die gebied van die huidige republieke Meksiko, Belize, Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua bestaan. Die keiserryk het met die onafhanklikheid van die Spaanse kolonie Nieu-Spanje ontstaan. Met die abdikasie van Agustín de Iturbide is die monargie afgeskaf en die eerste Meksikaanse Republiek gestig, wat tot die proklamasie van die Tweede Meksikaanse Keiserryk bestaan het. Ná die ontbinding van die keiserryk is Agustín de Iturbide op 19 Julie 1824 in Padilla tereggestel.

Terwyl Kuba, Santo Domingo en die Filippyne deel uitgemaak het van die Vise-Koninkryk Nieu-Spanje, het hierdie gebiede nie deel van Meksiko geword nie. Ná die afskaffing van die Keiserryk het Costa Rica, El Salvador, Guatemala, Honduras en Nicaragua op 1 Julie 1823 die Federale Republiek van Sentraal-Amerika gestig.


Previous Page Next Page