Elandsrivier | |
---|---|
Die Elandsrivier aangedui op 'n kaart van 1887
| |
Stroomgebied | Limpopo en Mpumalanga, Suid-Afrika |
Oorsprong | Naby Ekangala |
Monding | Olifantsrivier |
Oorsprong-hoogte | 825 m |
Koördinate: 24°52′51″S 29°21′28″O / 24.88083°S 29.35778°O |
Die Elandsrivier[1] is 'n takrivier van die Olifantsrivier in Limpopo in Suid-Afrika. Dit ontspring in die hoëveld van westelike Mpumalanga, en vloei dan in noordoostelike Gauteng onder die Molotopad (R573) deur. In die bankenveld het dit 'n aansienlike linkersytak wat ook as Elandsrivier bekend staan. Albei Elandsriviere loop noord van Cullinan deur imposante klowe wat diep in die bankenveld inkerwe, eersgenoemde by Muningi Gorge, en die tweede te Little Eden.