Copa Confederaciones México ’99 | |
---|---|
![]() | |
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | ![]() |
Datums | 24 Julie – 4 Augustus |
Spanne | 8 (van 6 konfederasies) |
Stadions | 2 (in 2 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | ![]() |
Tweede plek | ![]() |
Derde plek | ![]() |
Vierde plek | ![]() |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 16 |
Doele | 55 (3.44 per wedstryd) |
Bywoning | 970 000 (60 625 per wedstryd) |
Meeste punte | ![]() ![]() ![]() |
Beste speler | ![]() |
← 1997 2001 → |
Die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 1999 (Spaans: Copa Confederaciones México ’99; Engels: FIFA Confederations Cup) is van 24 Julie tot 4 Augustus 1999 in Meksiko aangebied. Dit was die tweede sokker-konfederasiebeker wat onder FIFA se vaandel aangebied is. Die eerste twee toernooie in 1992 en 1995 is onder die naam Koning Fahd-beker aangebied en terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken.
Die gasheer Meksiko het die toernooi gewen nadat hulle die verdedigende kampioen Brasilië in die eindstryd geklop het. Die Verenigde State het in die derde en Saoedi-Arabië in die vierde plek geëindig. Dit was die tweede toernooi waartydens die goue doel-reël vir die beslissing van ’n wedstryd ingespan is, dié reël is ook vir die vorige 1997- en die twee daaropvolgende 2001 en 2003-toernooie ingespan, maar daarna weer geskrap.