Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Florida, Johannesburg

Florida
Florida is in Greater Johannesburg
Florida
Florida
Koördinate: 26°10′30″S 27°55′22″O / 26.17500°S 27.92278°O / -26.17500; 27.92278
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
Metropolitaanse MunisipaliteitStad Johannesburg
Oppervlak
 • Totaal6,32 km2 (2,44 vk. myl)
Hoogte
0,2 m (,8 ft)
Bevolking
 • Totaal20 082
 • Digtheid3 200/km2 (8 000/vk. myl)
TydsoneUTC+2 (SAST)
Poskode
1709
Skakelkodes011 ________________________
Swartes35,9%
Preview warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "duimdrukkeretiketposisie1"
Preview warning: Page using Template:Infobox settlement with unknown parameter "duimdrukkerkaart1"
Die destydse Gereformeerde kerk Florida huisves nou 'n ander kerkgenootskap.

Florida is 'n woongebied in Gauteng, Suid-Afrika. Dit is omtrent 10 myl wes van Johannesburg geleë. Die gebied wat as Florida bekend staan is oorspronklik op die plaas Vogelstruisfontein gestig. Vogelstruisfontein en die plase Roodepoort en Paardekraal is vir mynboukampe gebruik nadat goud in 1881 hier ontdek is.

Die hoofpad deur Florida, Goldmanstraat vorm die ruggraat vir plaaslike sake-aktiwiteit en burgerlike dienste. Die plaaslike biblioteek is een van die beste van sy soort in Johannesburg. 'n Aantal antieke handelaars wat in Afrikana meubels spesialiseer is aan die oostelike punt van Goldmanstraat geleë.

Florida Meer is 'n groot watermassa suid van die spoorlyn. Dit word omring deur residensiële eiendomme in die noorde en parke na die ooste en weste.

Hoewel Florida aanvanklik as 'n wit woongebied geklassifiseer is, is 30% van die inwoners tans kleurlinge. Die hoofrede hiervoor is die nabygeleë kleurling-townships van Bosmont, Coronationville, Newclare, Westbury en Riverlea.

Die treinstasie is geleë op die Springs na Randfonteinlyn met maklike toegang tot Johannesburg.

Die gebied word bedien deur die Afrikaanse Florida Hoërskool en Florida Laerskool, asook die Engelse Florida Primary School en Florida Park High School. Die plaaslike sportveld by Trezonapark is die tuiste van die Florida-Albion-sokkerklub, met geriewe vir hokkie, krieket, tennis en muurbal. Weens ingrypende demografiese veranderings het die Gereformeerde kerk Florida ontbind en is die NG gemeente Florida op 1 Oktober 2014 en Floridapark vroeg in 2016 by die gemeente Constantiakruin ingelyf. Die gemeente Kriel is reeds jare gelede by die Floridase moedergemeente ingelyf.

Die Florasentrum in Florida Hills is die omgewing se grootste en gewildste winkelsentrum.

  1. 1,0 1,1 Subplek Florida Sensus 2011.

Previous Page Next Page






Florida, Gauteng English Florida, Gauteng NSO Florida, Gauteng Swedish فلوریڈا، گوٹینگ UR

Responsive image

Responsive image