Gansbaai | |
---|---|
Die Danger Pointligtoring by Gansbaai. | |
Koördinate: 34°34′58″S 19°21′8″O / 34.58278°S 19.35222°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Wes-Kaap |
Distrik | Overberg |
Munisipaliteit | Overstrand |
Stigting | 1881 |
Oppervlak | |
• Totaal | 12,44 km2 (4,80 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 11 598 |
• Digtheid | 932/km2 (2 410/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 24.5% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 29.7% |
• Swart mense | 45.2% |
• Ander | 0.4% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 53.2% |
• Xhosa | 39.8% |
• Engels | 3.5% |
• Suid-Sotho | 1.6% |
• Ander | 1.9% |
Poskode (strate) | 7220 |
Skakelkode | 028 |
Gansbaai is 'n klein dorpie in die Overberg-distriksmunisipaliteit in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika, sowat 40 km vanaf Hermanus. Dit lê in dieselfde baai as Hermanus (nl. Walkerbaai), bekend vir sy walvisse, soos die noorkappers, wat vanaf Junie tot November gesien kan word. Die naam is afkomstig van die wilde ganse wat volop in die omgewing was. Die name van die vistreilers wys die verbintenis: Berggans, Sneeugans, Stormgans, Vleigans en Wildegans.