Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Garden-eiland

Garden-eiland en Cockburn Sound vanuit die ruimte waargeneem.

Garden-eiland is 'n smal eiland ongeveer tien kilometer lank en een en 'n half kilometer breed wat sowat vyf kilometer van die Wes-Australiese kus af geleë is.(32°11′36″S 115°40′16″E / 32.19333°S 115.67111°O / -32.19333; 115.67111)

Net soos Rottnest-eiland en Carnac-eiland is dit 'n kalksteen dagsoom wat bedek is met 'n dun laag sand wat opgehoop het tydens 'n tydperk toe die seevlakke laer was.[1] Die Noongar inboorlinge se oorvertellinge sluit verhale in toe hulle na die eilande kon stap in hulle Droomtyd.

Teen die einde van die laaste ystydperk het die seevlakke gestyg en die eiland van die res van die vasteland afgesny. Vir die laaste sewe duisend jaar het die eiland in relatiewe isolasie bestaan.

Die Australiese vloot se grootste vlootbasis, Fleet Base West, ook genoem HMAS Stirling,[2] is op die oewer van Careening Bay op die suidoostelike kant van Garden-eiland geleë oorkant Cockburn Sound.

  1. "Geography". Rottnest Island Authority. 2005. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 September 2006. Besoek op 5 November 2006.
  2. "RAN website on HMAS Stirling" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Augustus 2012. Besoek op 12 November 2008.

Previous Page Next Page