'n Geiser of 'n warmwatertoestel of badketel is 'n toestel wat warm water voorsien. Die water word meestal met 'n elektriese element verhit, maar gas- en songeisers word ook algemeen gebruik. Die naam is afgelei van geiser, 'n warmwaterbron in die natuur.