Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Geloofsgenesing (of soms gebedsgenesing, wondergenesing, bonatuurlike genesing of die kerklike diens van genesing)[1] is die beoefening van gebede en gebare (soos handoplegging) wat sommige mense glo goddelike ingryping in geestelike en liggaamlike genesing ontlok.[2] Gelowiges beweer dat die genesing van siekte en gestremdheid bewerkstellig kan word deur godsdienstige geloof deur gebed of ander rituele wat volgens aanhangers 'n goddelike teenwoordigheid en krag kan stimuleer. Godsdienstige geloof in goddelike ingryping hang nie af van empiriese bewyse dat geloofsgenesing 'n bewysgebaseerde resultaat bereik nie.[3]
Bewerings dat "'n magdom tegnieke" soos gebed, goddelike ingryping of die aandag van 'n individuele geneser siektes kan genees, was deur die geskiedenis heen gewild.[4] Daar is beweer dat geloof blindheid, doofheid, kanker, MIV en vigs, ontwikkelingsversteurings, bloedarmoede, artritis, gebrekkige spraak, veelvuldige sklerose, veluitslag, totale liggaamsverlamming en verskillende beserings kan genees.[5] Die verbetering van 'n toestand word toegeskryf aan baie tegnieke wat algemeen as geloofsgenesing geklassifiseer word. Dit kan bv. gebed behels, 'n besoek aan 'n godsdienstige heiligdom of bloot 'n sterk geloof in 'n bonatuurlike wese.[5]
Baie mense interpreteer die Bybel, veral die Nuwe Testament, as geloof in en die beoefening van geloofsgenesing. Volgens 'n peiling in die tydskif Newsweek in 2004 het 72 persent van Amerikaners gesê dat hulle glo dat om tot God te bid iemand kan genees, selfs al sê die wetenskap dat die persoon 'n ongeneeslike siekte het.[6] Anders as geloofsgenesing, probeer voorstanders van energiegenesing geen goddelike ingryping nie, maar glo in bonatuurlike energie. Die toenemende belangstelling in alternatiewe medisyne aan die einde van die 20ste eeu het aanleiding gegee tot 'n parallelle belangstelling onder sosioloë in die verhouding tussen godsdiens en gesondheid.[3]
<ref>
tag; no text was provided for refs named Joubert
<ref>
tag; no text was provided for refs named thearda
<ref>
tag; no text was provided for refs named Village
<ref>
tag; no text was provided for refs named Barrett2009
<ref>
tag; no text was provided for refs named ACS
<ref>
tag; no text was provided for refs named Kalb2004