Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


George-museum

George-museum
'n Beeld van die museum.
George-museum in George, Wes-Kaap, Suid-Afrika

Plek George
Land Suid-Afrika
Openingsjaar 1967
Tipe museum Kulturele geskiedenis
Webtuiste www.westerncape.gov.za/GeorgeMuseum

Die George-museum is 'n kultuur-historiese museum geleë in George, Wes-Kaap, Suid-Afrika. Die hooftema van die museum is die plaaslike geskiedenis van George, met die fokus op die inheemse houtindustrie van die omgewing. Daar is ook 'n uitstallokaal waar Suid-Afrikaanse kuns gehuisves word. Die museum is gestig deur Charles Sayers in 1967, en is aanvanklik in 'n enkele vertrek in Courtenaystraat gehuisves. Die museum is tans in die Drostdy, die woning en kantoor van die landdros, wat omstreeks 1813 onder toesig van die eerste landdros van George, Adrian van Kervel, gebou is. Die Drostdy-gebou was ook voorheen die geskiedkundige Victoria Hotel.

wood carving : victorian Hotel,old museum building
Die voormalige Victoria Hotel, wat tans die George-museum huisves

Previous Page Next Page






George Museum English

Responsive image

Responsive image