By gereedskapvervaardiging word masjiene gebruik waarmee 'n bepaalde vorm en afmetings aan 'n werkstuk gegee word. Masjiene wat vir gietwerk gebruik word, word egter nie as gereedskapmasjiene beskou nie. Begrippe wat verband hou met die produk self (mate, oppervlakruheid, ensovoorts) asook die produksietyd speel 'n belangrike rol. Daar word steeds gesoek na nuwe metodes om die produksie van die masjiene te verhoog, veral deur die menslike faktor te verminder. Die industriële tegnieke wat ingespan word om produkte met spesifieke vorms en afmetings te vervaardig, behoort tot die meganiese tegnologie.
Benewens materiaalkunde word drie hoofgroepe van tegnologie onderskei:
Die masjiene wat by die eerste twee prosesse gebruik word, word gereedskapmasjiene genoem. By masjienbewerking kom die belangrikste eienskap van gereedskapmasjiene na vore, naamlik die vermoë om die aksie so te herhaal dat reekse identiese produkte vervaardig kan word. Die herhalingsvermoë word moontlik gemaak deur peilingnoukeurigheid, beheer van die gereedskap en werkstukmateriaal en ook deur fyn en noukeurige instelling.
Genoemde drie faktore bepaal dan ook die ruheid van die produkoppervlak en die grootste maatafwyking (toleransie) wat vir die werkstuk toegelaat word. Daarom is dit van die grootste belang dat die komponente van die gereedskapmasjiene nie moet afslyt nie en goed in stand gehou moet word om afwykings wat wel ontstaan te kan herstel. Hiervioor is die saals van werkbanke en die werkklemtoestelle dikwels verstelbaar.
Dit is veral die voorafbepaalde en aangewese beheer en geleidings-kwadrant wat bepaal of 'n gereedskapmasjien 'n produksiemasjien genoem kan word. As 'n eenvoudige handboormasjien op 'n geleikolom met 'n werkklemtoestel, of 'n handsirkelsaag op 'n instelbare werkklemtoestel gemonteer word, dan word dit 'n gereedskapmasjien genoem.