Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Gorgo

'n Gorgo – omstreeks 500 v.C. (Louvre).

Die Gorgone (enkelvoud: Gorgo; Grieks: Γοργών of Γοργώ) was in die Griekse mitologie vreesaanjaende vroue. Hoewel beskrywings van Gorgone wissel in verskillende verhale, verwys dit gewoonlik na drie susters met hare van lewende, giftige slange. Hulle is so afgryslik dat enigiemand wat vir een van hulle kyk, in klip verander. Tradisioneel is twee van die susters, Stheno en Euryale, onsterflik terwyl hulle suster, Medusa, sterflik is. Sy word eindelik deur die mitiese held Perseus onthoof.

Vanweë hulle voorkoms en die legende daaraan verbonde, is beelde van die Gorgone dikwels op voorwerpe en geboue uitgebeeld vir beskerming. ’n Beeld van ’n Gorgo kom byvoorbeeld voor op die mees opsigtelike plek van die kroonlys van die tempel op Corfu. Dit is die oudste klip-kroonlys in Griekeland en dateer van omstreeks 600 v.C.


Previous Page Next Page






غرغونة Arabic Qorqonalar AZ Гаргоны BE Горгони Bulgarian গর্গন Bengali/Bangla Gorgoned BR Gòrgones (mitologia) Catalan Gurgoni CO Gorgony Czech Gorgonerne Danish

Responsive image

Responsive image