Gotiese alfabet
|
|
Soort skryfstelsel |
Alfabet
|
Tyd gebruik |
Van c. 350 tot 600's
|
Rigting |
Links na regs
|
Tale |
Goties
|
Stelsels
|
Moederstelsels |
|
ISO 15924 |
Goth, 206
|
Unicode |
Gothic, U+10330–U+1034F
|
Nota
|
Hierdie bladsy kan fonetiese IFA-simbole of letters uit ander alfabette bevat
|
|
Die Gotiese alfabet is ´n alfabetiese skrif wat in die 4de eeu deur die Gotiese biskop Wulfila geskep is vir die skryf van Goties sodat hy die Nuwe Testament van die Bybel in Goties kon vertaal. Wulfila was ’n sendeling en Bybel-vertaler van Kappadosië.[1] Die Gotiese vertaling van die Nuwe Testament was die eerste boek in ´n Germaanse taal. Die vertaling het in Nicopolis ad Istrum geskied (in die huidige Bulgarye). Nicopolis ad Istrum is dus die geboorteplek van die letterkunde in Germaanse tale.
- ↑ Volgens die getuienis van die historici Philostorgius, Socrates van Konstantinopel en Sozomen. Cf. Streitberg (1910:20).