Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Green Point-vuurtoring, Clansthal

Die Green Point-vuurtoring by Clansthal, KwaZulu-Natal, is 'n aktiewe 21 m (69 voet) hoë gietystertoring met 'n lantern en galery. Dit is geverf in rooi en wit horisontale bane en gebruik 'n Fresnel-lens. Dit het 'n fokale vlak van 85 m (279 voet) en is in 1905 in gebruik geneem. Dit lewer twee wit flitse elke 15 sekondes, met 'n vaste rooi lig wat skyn oor die Aliwal-bank in 'n oostelike en suidoostelike rigting.[1]

Die Aliwal-bank is een van die mees berugte riwwe van die Suid-Afrikaanse kus aan die Indiese Oseaan. In 1892 is twee gietystervuurtorings in hierdie omgewing geïnstalleer, in Scottburgh en aan die noordekant van die Mahlongwanarivier net suid van Umkomaas. Die torings was onvoldoende en daar is besluit om die Green Point-vuurtoring, 'n hoër toring, tussen die twee ouer torings te bou. Die Scottburgh-vuurtoring is na Port Shepstone en die Mahlongwana-vuurtoring na Kaap St. Lucia verskuif.[1]

Die Green Point-vuurtoring is geleë aan die R102-kushoofweg naby Clansthal, 'n klein nedersetting tussen Scottburgh en Umkomaas en sowat 60 km suidwes van Durban.[1]

  1. 1,0 1,1 1,2 Lighthouses of Eastern South Africa Geargiveer 15 Junie 2012 op Wayback Machine, besoek 18 Junie 2012

Previous Page Next Page






Green Point Lighthouse, KwaZulu-Natal English

Responsive image

Responsive image