Grigori Petrowitsj Grabowoi | |
---|---|
(Григо́рий Петро́вич Грабово́й) | |
Gebore | 14 November 1963 |
Nasionaliteit | Kasakstan |
Burgerskap | Rusland |
Alma mater | Politegniese Universiteit van Tasjkent |
Bekend vir | Breslan-bedrogskema Grabowoi-getalle |
Kriminele aanklag(te) | bedrog (2008)[1] |
Kriminele straf | 11 jaar[1] |
Kriminele status | vrygelaat (2010)[2] |
Webwerf | pr |
Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Grigori Petrowitsj Grabowoi Russies: Григо́рий Петро́вич Грабово́й, Tseggies: Grigorij Petrovič Grabovoj) (gebore op 14 November 1963 in die omgewing van Sjimkent, Kasakstan, is 'n gekwalifiseerde werktuigkundige[3] en paramedikus[3], en die stigter en leier van die Russiese sekte Onderrig in universele redding en harmonieuse ontwikkeling (Обучение всеобщему спасению и гармоничному развитию)'.[4][5] Hy beweer dat hy die wederkoms van Jesus Christus is, dooies weer kan laat lewe, vigs en kanker te eniger tyd kan genees, probleme met elektroniese toestelle op 'n afstand kan diagnoseer en oplos, heldersiende is en die werklikheid kan verander.[6][7]
In 2008 is hy tot 11 jaar gevangenisstraf gevonnis nadat hy aan die moeders van die slagoffers van die Beslan-skoolbeleg in 2004 belowe het dat hy hul kinders uit die dood kan laat opstaan.[1] Hy is vroeg in 2010 vrygelaat en woon nou in Serwië, van waar hy sy pseudowetenskaplike projek Heelal-inbraakkodes bevorder, wat veral gewild is weens die koronavirusepidemie, meestal deur die sosiale netwerk TikTok.[8]
<ref>
tag; no text was provided for refs named lenta1
<ref>
tag; no text was provided for refs named graniru
<ref>
tag; no text was provided for refs named GG Diploma
<ref>
tag; no text was provided for refs named kristus
<ref>
tag; no text was provided for refs named panorama
<ref>
tag; no text was provided for refs named upravlenia
<ref>
tag; no text was provided for refs named Control
<ref>
tag; no text was provided for refs named sobesednik