Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Handley Page Victor

Handley Page Victor
RAF Victor land met weerstandvalskerm ontplooi
Tipe Bomwerper
Vervaardiger Handley Page
Ontwerp deur Reginald Stafford
Nooiensvlug 24 Desember 1952
Onttrek 1993
Status Uit diens gestel
Hoofgebruiker Britse Lugmag
Aantal gebou 86

Die Handley Page Victor was 'n Britse bomwerper en het saam met die Avro Vulcan en die Vickers Valiant die sogenaamde V-bomwerpers gevorm. Die prototipe HP80 Victor WB771 het, te Boscombe Down, sy nooiensvlug op 24 Desember 1952 voltooi. Die eerste produksie model is in 1956 voltooi en kon die Mach 1 bereik in klein duikvlugte. Aflewering het in November 1957 aan die Britse Lugmag begin. Bomber Command het hulle operasioneel verklaar in April 1958 met 10 Eskader wat in diens gestel is.

Die tweede groep wat afgelewer is het 'n groter houer gehad in die agterkant om tru waarskuwing radar te huisves. Die motors was verbeter en diè modelle is B.1A genoem. Die Victor was nou 'n kernwapen bomwerper en deel van die V-bomwerpers. Met 'n bomvrag van 15,890 kg kon dit baie groter bomme dra as die Vulcan en Valiant.

Die Mk.2 is toegerus met die nog beter Rolls-Royce Conway motors; die vlerkbasis en luginlate moes aangepas word daarvoor. Die vlerke was ook langer, die agterkant van die romp was weer vergroot en die elektriese stelsel ook verbeter. Die eerste B.2 het in Februarie 1959 gevlieg. Soos die B.2's afgelewer is die B.1 en B.1A's omgeskakel na tenker hervul vliegtuie. Die eerste omgeskakelde Victor het 28 April 1965 gevlieg.

Soos die Sowjetunie se verdediging verbeter het moes al die V-bomwerpers hulle strategie verander het om steeds hul rol as afskrikmiddel te kan vertolk. Die B.2's het oorgeskakel na lae-hoogte, hoë-spoed bomwerpers en het ook begin om die Blue Steel kernkrag missiel te dra. Die laaste B.2 was voltooi in April 1963. Dit is ook die jaar wat die Victor's na Singapoer geskuif het om as afskrikmiddel te dien teen Indonesië, wat die Britse Protektoraat van Maleisië bedreig het.

Nege B.2's is verander na verkennings vliegtuie, model B(SR).2, met kameras en verwante toerusting wat in die bomrak geinstalleer is. Die standaard Victor het as 'n kernwapen bomwerper tot 1975 die diens verrig. Vanaf Mei 1974 is die oorskot Victor's omgeskakel na K.2 tenkers en in diens gebly tot 1988.


Previous Page Next Page