Hathor | ||||
![]() | ||||
Die godin Hathor met haar kopstuk, ’n sonskyf met oeraeoes (’n kobra) tussen die horings. | ||||
Soort godin | Egipties | |||
Godin van | Die lug, liefde, skoonheid, vreugde, moederskap, verre lande, mynbou, musiek en vrugbaarheid | |||
Naam in hiërogliewe | ![]() | |||
Kultussentrum | Dendera | |||
Simbool | Sistrum (’n musiekinstrument) | |||
Ouers | Ra | |||
Sibbes | Sechmet, Bastet, Ptah, Sjoe, Tefnoet, Thoth, Serqet | |||
Metgesel | Ra | |||
Kinders | Ihy, Horus,[1]Imset, Hapi, Doeamoetef, Qebehsenoef | |||
|
Hathor (Egipties: ḥwt-ḥr, "huis van Horus")[1] ) was in die Egiptiese mitologie die godin wat vreugde, vroulike liefde en moederskap verteenwoordig het.[2] Sy was regdeur die geskiedenis van Antieke Egipte een van die belangsrikste en gewildste gode. In die grafkelders van konings en gewone burgers is sy uitgebeeld as "Meesteres van die Weste" wat die dooies in die hiernamaals verwelkom.[3]
Sy was ook die godin van musiek, dans, verre lande en vrugbaarheid wat vroue tydens baring gehelp het,[3] asook die beskermgod van myners.[4]