Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Heilige Land

'n 1759-kaart getiteld Die Heilige Land wat nie net die Antieke Koninkryke van Juda en Israel aantoon waarin die 12 Stamme verdeel is nie, maar ook hulle plasing gedurende verskillende tydperke soos aangedui in die Heilige Skrif deur Tobias Conrad Lotter
Sidon se Seekasteel, gebou deur die Kruisvaarders as 'n vesting van die Heilige Land in Sidon, Libanon

Die Heilige Land (Hebreeus: אֶרֶץ הַקּוֹדֶשׁ Eretz HaKodesh, Latyn: Terra Sancta; Arabies: الأرض المقدسة Al-Arḍ Al-Muqaddasah) lê ongeveer tussen die Jordaanrivier en die Middellandse See, insluitend die oostelike oewer van die Jordaanrivier. Tradisioneel is dit sinoniem met die Bybelse Israel en historiese Palestina. Die term verwys gewoonlik na 'n gebied wat naastenby met die moderne staat Israel, die Palestynse Grondgebiede, Wes-Jordanië en gedeeltes van die suidelike Libanon en suidwestelike Sirië ooreenstem. Dit word deur die Jode, Christene en Moslems as heilig beskou.

Deel van die besondersheid van die land spruit uit die godsdienstige betekenis van Jerusalem, die heiligste stad vir Judaïsme, die historiese streek van Jesus se bediening, en die terrein van die Isra en Mi'raj-verhaal in Islam.

Die heiligheid van die land was deel van die Christendom se motivering vir die kruistogte waarmee die Europese Christene probeer het om die Heilige Land terug te neem nadat die Moslems dit tydens die Christelike Bisantynse Ryk verower het.

Baie plekke in die Heilige Land is lank reeds pelgrimsbestemmings vir volgelinge van die  Abrahamitiese godsdienste, insluitende Jode, Christene, Moslems, en die  Bahá'ís. Pelgrims besoek die Heilige Land om fisiese manifestasies van hulle geloof te sien en aan te raak, hulle geloof binne hierdie heilige konteks te te bevestig, en om 'n persoonlike band met die Heilige Land te vorm.


Previous Page Next Page