’n Foto van Hydra wat op 14 Julie 2005 deur die New Horizons geneem is. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Hubble-ruimteteleskoop Pluto-metgeselsoekspan |
Datum | Junie 2005 |
Alternatiewe name | (134 340) Pluto III |
Wentelbaaneienskappe | |
Halwe lengteas | 64 738±3 km[1] |
Eksentrisiteit | 0,005862±0,000025 |
Wentelperiode | 38,20177±0,00003 d |
Inklinasie | 0,242±0,005 ° |
Satelliet van | Pluto |
Fisiese eienskappe
| |
Afmetings | 43 × 33 km ± ?[2] |
Massa | 4,2×1017 kg[3] |
Rotasieperiode | Chaoties |
Aksiale neiging | Veranderlik |
0,20-0,45 | |
Temperatuur | 33–55 K |
Skynmagnitude | 22,9–23,3 (gemeet)[4] |
Hidra is die verste natuurlike satelliet van Pluto. Dit is in Junie 2005 saam met die maan Nix ontdek en is in Julie 2015 saam met Pluto besoek deur die ruimtetuig New Horizons. Hidra se oppervlak is waarskynlik bedek met waterys, die soort ys wat die meeste in die heelal voorkom. In die maan se helder streke is donkerder, ronde strukture waargeneem met ’n deursnee van sowat 10 km. Die persentasie lig wat van Hidra se oppervlak weerkaats word, is tussen dié van Pluto en Charon se oppervlak.[5][6]