Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors.
Please consider supporting us by disabling your ad blocker.

Responsive image


Hipofise

Die pituïtêre klier of hipofise is 'n endokriene klier, wat so groot soos 'n ertjie is en geleë is in die skedelbasis reg onder die brein. Dit lê in 'n klein, benige holte (pituïtêre fossa). Die hipofise skei vele hormone af. Die hormone wat afgeskei word reguleer homeostase, insluitend trofiese hormone wat ander endokriene kliere stimuleer. Dit word funksioneel verbind aan die hipotalamus.

Die hipofise word in twee dele verdeel, die adenohipofise of voorkwab en die neurohipofise of agterkwab. In die adenohipofise word 'n hele aantal hormone geproduseer wat insluit: groeihormoon (GH), tiroïed-stimulerende hormoon (TSH), kortikotropien (ACTH), gonadotrope hormone, follikel-stimulerende hormoon (FSH), luteïniserende hormoon (LH) en prolaktien. Die agterkwab is betrokke by vogregulering in die liggaam. Twee homone wat in die hipotalamus geproduseer word, word hier geberg nl. anti-diuretiese hormoon (ADH) en oksitosien.


Previous Page Next Page