Selfdegeslaghuwelik
Ander vorme van burgerlike verbintenisse
Erkenning van (in die binne- of buiteland) gesluite selfdegeslaghuwelike
Voorwaardelike erkenning van selfdegeslag-vennootskappe op 'n federale maar nie deelstatelike vlak nie
Geen erkenning van selfdegeslag-vennootskappe nie
Beperkings op die vryheid van uitdrukking
Homoseksualiteit onwettigDe jure strafbaar, de facto geen vervolging nie
Ernstige strawwe
(Lewenslange) tronkstraf
Homoseksualiteit is die beskrywing van 'n persoon se seksuele oriëntasie of identiteit waar die seksuele aantrekking hoofsaaklik tot dieselfde geslag is. Die term "gay" word deur baie homoseksueles self verkies omdat 'n homoseksuele oriëntasie op meer as net die geslagsdaad dui, en ander aspekte van die mens met so 'n oriëntasie se lewe ook insluit. Naas homoseksualiteit staan heteroseksualiteit, waar die seksuele aantrekking tot die teenoorgestelde geslag is, en biseksualiteit, waar die aantrekking tot beide dieselfde as die teenoorgestelde geslag is, hoewel selde in presies dieselfde mate.