Iederies إدريس (Henog) | ||
Islamitiese profeet | ||
Iederies besoek die hemel en die hel. | ||
Ander name | (חֲנוֹךְ Ḥănōḵ) | |
Gebore | Babilon | |
Familie | ||
Vader | Jard ibn Mahla'il | |
Moeder | Barkana[1] | |
Gade | Aadanah | |
Kinders | Matusjalach ibn Idris |
Iederies, of Iederies ibn Jard ibn Mahlail[2] (Arabies: إدريس; Engels: Idris), was ’n antieke profeet wat in die Koran genoem word. Hy word beskou as die tweede Islamitiese profeet ná Adam en word in die Koran beskryf as "waarheidsliewend" en "geduldig",[3] en hy het ’n "hoë aansien" gekry.[4][5]
As gevolg hiervan en ander ooreenkomste word Iederies tradisioneel verbind met die Bybelse Henog,[6] seun van Mahalalel, en daarom word hy in die vroeë geslagte van Adam geplaas. Dus is hy een van die Islam se oudste profete wat in die Koran genoem word, iewers tussen Adam en Noag.[7] Iederies se unieke status[8] het baie latere tradisies en verhale oor hom in die Islam geïnspireer.
Volgens hadit het Mohammed hom op sy Nagreis in die vierde hemel teëgekom.[9]