Indiër-Suid-Afrikaners Suid-Afrikaanse Indiërs | |
---|---|
Durban, "die grootste Indiese stad buite Indië" | |
Totale bevolking: | 1 274 867[1] 2,5% van die Suid-Afrikaanse bevolking (2011)[1] |
Belangrike bevolkings in: | Durban • Pietermaritzburg • Johannesburg • Kaapstad • Pretoria |
Taal: | Engels • Ander tale van Suid-Afrika • Hindi • Gujarati • Marathi • Oriya • Oerdoe • Bhojpuri • Awadhi • Tamil • Telugu • Pandjabi • Malayalam • Kannada |
Geloofsoortuiging: | Hindoeïsme • Islam • Christendom |
Verwante etniese groepe: | Indiese diaspora |
Indiese Suid-Afrikaners, Indiër-Suid-Afrikaners of Suid-Afrikaanse Indiërs is burgers en inwoners van Suid-Afrika van Indiese afkoms. Die meerderheid woon binne en rondom die stad Durban. Dit maak van Durban "die grootste Indiese stad buite Indië".[2] Baie Indiërs in Suid-Afrika is afstammelinge van immigrante uit die koloniale Indië (Suid-Asië) van die laat 19de eeu tot die vroeë 20ste eeu. Partykeer word Indiërs ingereken onder die wyer geografiese klassifikasie van "Asiërs".
Daar is nog steeds ’n kulturele, godsdienstige en ras oorvleueling tussen "Asiërs" en "Indiese Suid-Afrikaners". Tydens die tydperk van segregasie en apartheid het die "Indiese", "Asiatiese", "Kleurling", en "Maleise" groepidentiteite talle aspekte van die daaglikse lewe beheer, insluitend waar ’n persoon toegelaat is om te woon.[3]
Gedurende die tydperk van apartheid vanaf 1948 tot 1994 is Indiërs geklassifiseer onder terme wat gewissel het van "Asiërs" tot "Indiërs"; partykeer het hulle die terme vrywillig aanvaar. Volgens sommige burgers was hierdie terme verbeterings in vergelyking met die negatiewe gedefinieerde identiteit van "Nie-blank", wat hul vorige klassifikasie was. Polities bewuste en nasionalistiese Indiese Suid-Afrikaners wou beide hul erfenis sowel as hul plaaslike wortels toon. Toenemend identifiseer hulle as "Afrikane", "Suid-Afrikaners" en "Indiese Suid-Afrikaners".
Nietemin het die verspreiding van demokratiese verkiesings etniese lojaliteite soms verhoog. Politici en groepe soek ’n manier om te mobiliseer in die mededingende parlementêre demokrasie wat Suid-Afrika sedert 1994 geword het.[4]